Ons Kampterrein


Waar is die kampterrein geleë?
Ons kampterrein is ongeveer 8 kilometer buite die dorp aan die oewer van die Pongola rivier.




Wat maak die kampterrein so besonders?
Die kampterrein is geleë langs die oewer van die Pongola rivier, wat die enigste rivier in Suid-Afrika is waar tiervis voorkom. Die terrein spog met 'n groot verskeidenheid voëlsoorte en is omring deur suikerrietlande en wildsplase. As jy van die natuur hou, is dit die ideale plek vir jou.

Wat van die kampgeriewe?

Die kampterrein beskik oor 7 slaaplokale met stapelbeddens wat elk tussen 8 en 14 mense kan akkommodeer. Daar is ook 4 kleiner slaaplokale (personeelkamers) met 2 enkelbeddens elk. In totaal kan die kampterrein ongeveer 80 mense huisves. Daar is ook voldoende ablusiegeriewe op die terrein.

Die kampterrein het elektrisiteit, 'n groot saal, en 'n kombuis met gas- en elektriese toestelle. Die groot saal is aan een kant oop, maar kan met skadunet toegemaak word.

Die kampterrein self het pragtige skadubome en baie spasie om te speel en hardloop. Daar is ook geriewe vir kampvuur en braai.

Die kampterrein is beskikbaar vir kampe sowel as ander funksies soos troues. Alle besonderhede en kostes is beskikbaar by die Kerkkantoor by 079 694 9000.